Toe ons oneindig was
84 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris

Toe ons oneindig was , livre ebook

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus
84 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus

Description

Kara Immelman se lewe is eintlik nogal uitgesorteer. Sy is in matriek en hoewel sy heeltemal te skaam is om gewild te wees, het sy vir Eduard, haar beste vriend van laerskooldae af. Sy is ook haar skool se topswemmer en die moontlikheid van ’n swembeurs wink. Al gebeur daar nie veel op die dorpie waar hulle woon nie, het sy en Eduard groot planne om eendag die wêreld te sien. Planne wat aangevuur word deur hulle gedeelde passie vir flieks. Wanneer Samantha egter op die toneel verskyn, herrangskik dit Kara en Eduard se hele bestaan. Want Sam is nie net onmoontlik mooi nie, sy speel ook volgens haar eie reëls.

Toe ons oneindig was, is die verhaal van ’n meisie wat nog altyd presies gedoen het wat van haar verwag is. Iemand wat so besig was om almal gelukkig te hou, dat sy nooit regtig probeer uitvind het wat háár gelukkig maak nie. Totdat sy een middag in ’n aantrekhokkie vir die heel eerste keer gesoen word. Dis ’n storie oor vriendskap en lojaliteit. Oor seksualiteit en vloeibaarheid. Maar bowenal is dit die verhaal van ’n meisie op ’n selfontdekkingsreis – die soort reis wat in ’n Hollywoodfliek hoort.


Sujets

Informations

Publié par
Date de parution 06 avril 2020
Nombre de lectures 1
EAN13 9781776250257
Langue Afrikaans
Poids de l'ouvrage 1 Mo

Informations légales : prix de location à la page 0,0400€. Cette information est donnée uniquement à titre indicatif conformément à la législation en vigueur.

Extrait

Pan Macmillan Kinderboeke
www.panmacmillan.co.za


damduikers
“DIS ’N SIRKUS,” sê Eduard en skiet met geoefende vingers ’n gruisklippie in die lug op.
Ons sit op die bodem van die leë ou sementdam agter die Van Stadens se erf. Dit is ons wegkruipplek vandat ons dit in graad drie ontdek het.
Eduard is die enigste mens op aarde wat my verstaan. Wel, soort van verstaan.
“Hoe meer nonsens my oupa praat,” gaan Eduard voort, “hoe stiller word my pa en hoe meer tyd spandeer hy in die tuin. Dan dwaal Oupa in die huis rond en bring elke vyf minute vir my ‘koffie’. Maar eintlik is dit net water wat hy in daardie simpel unicorn-beker van hom gooi.”
Ek begin giggel. Voordat Eduard se oupa by hulle ingetrek het, het ’n tannie in die ouetehuis vir hom die koffiebeker as afskeidsgeskenk gegee. Dit het ’n kleurryke eenhoring en die woorde Horny Bastard daarop.
Toe ek besef dat Eduard nie saam lag nie, skakel ek dadelik oor na my rol as ondersteunende vriendin.
“Elke huis is ’n sirkus, Eduard. Net die hansworse verskil.” Ek probeer diep filosofies klink, maar ek dink nie dit werk nie. Eduard gluur my aan asof ek die domste mens op aarde is.
“Ag asseblief. Julle is so naby aan die perfekte gesin as wat kan kom. Eintlik moet julle vir die res van die wêreld ’n YouTube-video maak oor hoe ’n gesin nou eintlik moet wees. Gelukkige gesinne 101 , of so iets .”
“Is nie,” protesteer ek. “Dit lyk dalk vir ander mense so, maar dis glad nie waar nie. Vandat Francois weg is, is my ma-hulle baie weird.” Ek vryf die materiaal van die deurgewaste T-hemp wat ek aanhet tussen my vingers. Sedert my broer Amerika toe is om te gaan studeer, dra ek konstant sy ou T-hemde.
Eduard kom traag regop en gaan staan voor die wêreldkaart wat ons aan die binnekant van die dam geverf het toe ons twaalf jaar oud was. Ons het dae lank daaraan gewerk, en toe ons klaar was, het ons kruise gemaak op al die plekke waarheen ons eendag wou gaan. Rooi kruise vir Eduard en bloues vir my. Deur die jare het ons nuwe kruise bygevoeg as ons van interessante plekke gehoor het of nuwe drome begin droom het.
Maar nou is ons amper agtien en die sterre in ons oë het begin verdof.
Matriek, lyk dit vir my, het ’n manier om die rigting van ’n mens se drome te verander. En ’n paar drome sommer heeltemal uit te vee.
Eduard het al vroeg in Februarie van wiskunde na wiskundige geletterdheid oorgeskakel. Sy graadelfpunt vir wiskunde was net te swak. Dit was die einde van sy plan om ’n vlieënier te word.
Vir my lyk dinge ook nie juis rooskleurig nie. My ouers het my ingelig dat my broer nie noodwendig weer ’n beurs gaan kry nie en dat hulle vir sy studie sal moet betaal. Dit beteken dat hulle my nie meer kan help met die jaar in Europa wat ek vir ná matriek beplan het nie. Ons reëling was dat as ek ’n bedrag geld bymekaarmaak, hulle dieselfde bedrag sou gee om my droom te bewaarheid. Maar nou ja, net soos Eduard se droom sit myne ook bewegingloos op die aanloopbaan.
Eduard druk met sy wysvinger op die rooi kruisies wat hy op die kaart gemaak het. Argentinië. Peru. Patagonië. Plekke waar hy seker al honderde avonture in sy verbeelding beleef het. Toe hy by Chili kom, vra hy: “Dink jy hulle noem dit Chili omdat die land die vorm van ’n chilli het?”
“Dit sal nogal cool wees as dit wél so is.” Ek staan op en stof die klippies van my klere af. “Kom, ons moet gaan. My ma kry ’n oorval as ek nie voor donker by die huis is nie.”
“Gaan enigiets ooit vir ons verander, Kara?” vra hy toe ek langs hom gaan staan.
“Wat bedoel jy?” Ek kyk na my eie blou kruisies op die kaart. Die grootste kruis is op die Isle of Skye. Vandat ek die TV-reekse The Highlander en Outlander gesien het, is Skotland boaan my reis-wenslys.
“Gaan ons ooit uit hierdie dorpie kan ontsnap?” Eduard draai sy gesig sodat hy na my kan kyk. Die laatmiddagson verf goue vlokkies in die bruin irisse van sy oë. Gewoonlik lyk sy oë asof hy enige oomblik gaan begin lag, maar nie vandag nie. Vandag lees ek iets daarin wat ek nie ken nie. Dis meer as net hartseer. Hy lyk soos iemand wat nie meer hoop het nie.
“Natuurlik gaan ons. Jy moet net ’n nuwe droom kry. Ek ook. Ons gaan nog al hierdie plekke sien, en baie meer. Het ek al ooit vir jou gejok?”
Eduard antwoord nie. Hy gee net ’n lang sug.
“Ons moet regtig nou huis toe gaan. Oor tien minute is dit donker.” Ek tel my rugsak op.
Toe ons klein was, het ons klippe opmekaargestapel wat ons as trappe gebruik het om by die leë dam in te klim. Mettertyd het die een kant van die dam begin meegee en nou is daar ’n opening so groot soos ’n smal deurtjie waardeur ons kan klim. Ek skuur eerste deur die opening en Eduard volg kort op my hakke.
“Ons sukkel om in Johannesburg uit te kom vir ’n fliek, Kara, so wat laat jou dink ons sal ooit oorsee kan gaan?” vra Eduard moedeloos net voordat ons begin aanstryk huis toe.
Hierdie keer sug hy so lank en hard dat ek eerder stilbly.


gelukkige gesinne 101
TOE EK BY DIE AGTERDEUR INSTAP, is my ma waar sy altyd dié tyd van die aand is: voor die stoof met stomende potte kos. Een van die kastrolle se deksel doen ’n wilde dansie, kompleet met blikkerige byklanke. My oë flits vinnig na die horlosie teen die kombuismuur. Dis darem nog nie halfsewe nie.
Chewbacca, ons straatbrakkie, het my hoor inkom en kom van die sitkamer se kant af aangehol. Hy spring soos ’n opgewende speelding teen my op en ek vryf sy stekelrige kop. Ek sit my rugsak op die kombuistafel neer en piksoen Ma op die wang.
“Jy kan regtig probeer om ’n bietjie vroeër by die huis te wees, Kara. Ek sien jou nooit meer nie. Jy is vanoggend al vyfuur hier uit vir swemoefening. Het jy ná skool ook geswem?” Ma kyk eers nie op van die pan waarin sy uie verbruin nie, maar toe ek haar nie antwoord nie, sit sy die houtlepel neer en kyk my reguit in die oë. “Waar wás jy die hele middag?”
“Ek was besig met skoolgoeters,” jok ek.
“Gaan was jou hande en kom help my met aandete,” sê sy effens geïrriteerd.
Pa kyk TV in die sitkamer. Sy skoene is uitgeskop en hy sit-lê op die bank. Dit lyk asof hy ’n rowwe dag gehad het.
“Hallo, Pa,” groet ek en soen hom op sy bles.
“Kom sit ’n bietjie hier by my,” nooi hy en tik met sy hand op die sitplek langs hom.
“Ek moet Ma in die kombuis gaan help,” protesteer ek halfhartig.
“Net vir ’n minuut.” Sy hand tik-tik steeds ritmies op die bank se sitplek, so amper asof dit outomaties gebeur sonder enige instruksies van sy brein.
“Oukei.” Ek plof langs hom op die rusbank neer en skuif onder sy arm in. Chewbacca spring op my skoot.
“Hoe gaan dit met jou?” vra Pa.
Ag tog, net nie dít nie, dink ek paniekerig. My pa is geheel en al verslaaf aan sy werk, maar so ’n paar keer per jaar besluit hy om vir ’n paar minute nét op my te fokus. Dan is dit asof hy spesiaal in sy kop tyd inruim vir my. Ek staal my vir die vrae oor my lewe, my skoolpunte en my drome.
“Is jy gelukkig, my kind? Alles reg by die skool?”
“Ja, Pa.”
“Het jy maats?”
“Natuurlik, Pa.”
“Nog steeds net Eduard?”
“Eduard is genoeg. ’n Mens hoef nie hordes maats te hê nie.”
“Jy’s reg,” sê Pa. “Een of twee goeie vriende is mos genoeg. Ek was ook soos jy. Glad nie ’n tropdier nie.” Hy sê dit trots, asof hy dink ons is beslis beter as tropdiere.
My pa werk as hoof van die laboratorium by ’n groot fabriek net buite die dorp. Ek probeer dink wie sy een of twee goeie vriende is, want as hulle bestaan, weet ek nie van hulle nie.
“Wanneer is die matriekafskeid?” wil hy nou weet.
“Einde Mei.”
“So vroeg?”
“Hulle wil dit uit die pad kry sodat ons op ons skoolwerk kan konsentreer.”
“Gaan jy saam met Eduard?”
“Ek dink nie so nie. Hy’t sy oog op ’n ander meisie. Miskien gaan ek sommer glad nie.”
Die matriekafskeid is eintlik die minste van my probleme. Ek wil net al my vakke goed slaag, goed genoeg swem om steeds provinsiaal mee te ding en genoeg geld bymekaarmaak om deur Europa te reis voordat die harde werklikheid van die grootmenslewe my insluk. Dit sal nou wel nie ’n sabbatsjáár wees soos wat ek aanvanklik beplan het nie, maar hopelik darem steeds ’n avontuur wat ’n maand of twee sal duur.
“Dit sal ek nie toelaat nie,” sê Pa skielik kwaai. “Die matriekafskeid is ’n baie belangrike geleentheid. Jy moet gaan, al gaan jy saam met ’n groep van jou meisiemaats. Dis ’n aand wat ’n mens jou lewe lank onthou.”
’n Groep van my meisiemaats . Dit laat my amper lag. Dit is asof Pa al klaar die eerste deel van ons gesprek vergeet het. Ek het nog nooit ’n groep meisiemaats gehad nie. Ek het maar min gemeen met die meisies in my skool. Ná swemoefening laat hulle gesprekke oor naels en hare en wie nou weer op wie verlief is my altyd so vinnig as moontlik uit die kleedkamer vlug. Dis nie dat ek dink ek is beter as hulle nie, dis net dat ek nie vreeslik gepla is oor my voorkoms nie en ek was ook nog nooit op iemand verlief nie. Eduard sê ek is ’n “late bloomer”. Hý raak omtrent een keer per maand op iemand verlief. Nie dat hy ooit iets daaraan doen nie.
“Dit is nog lank voor die matriekafskeid, Pa. En moenie oor my worry nie. Ek is oukei. Maar as ek nie nou gaan hande was en vir Ma help nie, gaan ek minder oukei wees.” Ek wikkel my los uit sy arm, stoot vir Chewbacca van my skoot af en stap vinnig badkamer toe.
Toe ek ’n paar minute later in die kombuis aanmeld vir diens, vra Ma my om eier en melk saam te klits om oor die bobotie te gooi. Maar ek kom gou agter sy wil eintlik net met my gesels. Ek sal nie verbaas wees as sy en Pa my bespreek het voordat ek vanaand hier ingestap het nie. Iets is aan die broei.
“Hoekom laat die skool julle in die middae so baie buitemuurse goed doen? Wanneer gaan jy tyd kry om te leer?”
“Dit is belangrik dat ek my swemfiksheid behou. Coach Elnette sê ek moenie die moontlikheid van ’n swembeurs vir volgende jaar weggooi nie. En ek het oorgenoeg tyd om te leer.”
“Ek hoop

  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents