Minki in die middel
40 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris

Minki in die middel , livre ebook

-

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus
40 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus

Description

Minki het twee beste maats - Natalie en Lara. Natalie is mal oor ponies en gaan aan ’n perdrykompetisie deelneem waar die ruiters en hul ponies soos sprokieskarakters moet aantrek.

Lara neem danslesse en eendag as sy groot is, wil sy ’n ballerina of ’n hiphop-danser word. Wanneer sy hoor van ’n danskompetisie by die winkelsentrum, skryf sy dadelik in.

Minki belowe albei haar maats dat sy hulle sal kom ondersteun, maar dis is net een probleem … die perdrykompetisie en die danskompetisie vind op presies dieselfde tyd plaas. Skielik voel Minki asof sy in die middel van ’n toutrekkompetisie tussen haar twee beste maats beland het. Hoe gaan sy ooit tussen Natalie en Lara kan kies?


Sujets

Informations

Publié par
Date de parution 06 juillet 2020
Nombre de lectures 0
EAN13 9781776250097
Langue Afrikaans
Poids de l'ouvrage 2 Mo

Informations légales : prix de location à la page 0,0240€. Cette information est donnée uniquement à titre indicatif conformément à la législation en vigueur.

Extrait

Pan Macmillan Kinderboeke
www.panmacmillan.co.za


1
Drie geure roomys
Dit is ’n sonnige somermiddag.
Minki is buite in die tuin. Sy het besluit dis vandag die perfekte dag om vir Spaghetti te leer toertjies doen.
“Dames en here, ons bied aan – Spaghetti die Sirkushond!” kondig Minki aan. Sy hou ’n oranje hoepel in die lug. “Spring, Spaghetti.”
Spaghetti draai sy kop skeef en kyk na die hoepel.
Minki se twee beste maats, Natalie en Lara, sit op die gras. Hulle kyk hoe Minki vir Spaghetti toertjies probeer leer.
“Spring, Spaghetti,” sê Minki weer.
Spaghetti gee ’n vrolike blaf. Skielik spring hy op. Voor Minki kan keer, lek hy met sy lang pienk tong oor haar wang.
Sjjjlorrrp!
“Jig, Spaghetti!” roep Minki laggend uit. Sy vee ’n blerts slobberige, slymerige hondespoeg van haar wang af. “Ek het nie bedoel jy moet teen my opspring nie.”

Natalie en Lara lag hulle byna slap.
Spaghetti se tong hang uit asof hy saam lag.
Minki hou weer die hoepel in die lug. Spaghetti gaap. Dan draai hy om en gaan lê in die skaduwee van die groot ou eikeboom.
“Siestog, ek dink hy kry te warm om toertjies te doen,” sê Natalie.
Minki vee oor haar voorkop. Natalie is reg. Dit is baie warm vanmiddag. Gelukkig het sy haar hare net verlede week lekker kort laat sny.
Skielik kom ’n vrolike liedjie oor die tuinmuur aangesweef.
Tienge-lienge-lienge-lieng!
’n Oomblik later storm twee brullende monsters uit die huis.
“Raaaaurrr!” brul hulle. “Ons soek rrroomys!”
Een monster het ’n gesig vol gifgeel hare en die ander een het horings. Albei het groot uitpeuloë en ’n stert.
Spaghetti spring op en blaf opgewonde. Hy begin die twee monsters in die tuin rondjaag.
Minki sug. Party dae kan haar tweelingboeties ’n regte pyn wees. “Max en Marko!” raas sy. “Gaan speel iewers anders. Julle pla ons.”
“Ek is nie Max nie,” grom die harige monster. “My naam is Slymbek.”
“En ek is Snolliesnoet,” grom die ander monster.
“ Raaaaurrr !” brul hulle weer.
Mamma kom uit die huis gestap.
“Wie is lus vir roomys?” roep sy.
“Ons!” roep Minki, Natalie en Lara.
“Ons ook!” brul die tweeling. “Raaaaurrr!”
“Jammer,” sê Mamma. “Monsters kry nie roomys nie. Waar is Max en Marko?”
Vinnig pluk die tweeling hulle monstermaskers af. “Hier is ons!”
Mamma glimlag. “Nou goed, kom ons gaan kyk watter soort roomys het die roomysman.”

Oorkant Minki-hulle se huis is ’n parkie. Die pienk-en-groen roomyswa is onder ’n boom geparkeer. Die roomysman waai vriendelik toe hy hulle sien aankom.
“Goeiemiddag!” groet hy. “Waarvoor het julle vanmiddag lus?”
Teen die kant van die roomyswa is ’n lys van al die verskillende geure roomys. Die name van die roomys klink so lekker dat Minki se mond sommer begin water.

“Mmm, Fantastiese Fudge!” sê Natalie. “Nes my ponie!”
Natalie is mal oor ponies. Sy kry twee keer per week rylesse. Haar ponie, Fudge, is ’n pragtige karamelkleur, met donker maanhare.
“Tornado-toffie,” lees Lara op die plakkaat. “Haai, ons het laas week in die dansklas ’n nuwe beweging geleer wat die tornado genoem word. Kyk ...”
Sy sit haar hand onder haar ken en tol rats in die rondte.
Minki en Natalie klap hande.
Lara neem danslesse. Sy is baie goed daarmee. Eendag as sy groot is, wil sy ’n ballerina of ’n hiphop-danser word. Sy kan nog nie besluit nie.
Minki frons. Fantastiese Fudge klink heerlik. Tornado-toffie klink net so lekker. En daar is nog hope ander wonderlike geure. Wat sal sy kies?
“Vrugtefees-verrassing klink nogal lekker,” sê sy. “Maar sê nou Fantastiese Fudge of Tornado-toffie is lekkerder ...”
“Urgh!” kreun Lara. “Jy’s reg. Vrugtefees-verrassing klink heerlik. Al die geure klink lekker! Ek kan nie kies nie.”
Mamma glimlag. “Ek het ’n plan – waarom vra julle nie vir ’n skeppie van elkeen van die drie geure nie?”

“Ja!” roep die drie meisies gelyk uit.
“Perfek!” sê die roomysman met ’n glimlag. Hy begin vir hulle elkeen ’n roomys met DRIE verskillende geure maak.
Die tweeling staar met ’n frons na die plakkaat met die verskillende geure roomys. Hulle kan nog nie lees nie.

“Ek soek geel roomys,” sê Max. “Grillerige Gromgeel, om by my geel monstermasker te pas.

  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents